Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20-25 minute

Gaarmaaktyd: sowat 40-50 minute

300 g aartappels

200 g botterskorsie

sout

50 g sagte botter

20 ml (4 e) olyfolie

2 preie, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

125 g spek, in stukke gesny

30 ml (2 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) Italiaanse pietersielie,fyn gekap

60 ml (¼ k) droë witwyn

150 ml room

15 ml (1 e) mielieblom

20 ml (4 t) koue water

1 kg stokvisfilette, in blokkies gesny

vars gemaalde swartpeper

1 Skil die aartappels en botterskorsie en sny in growwe stukke. Sit dit in ’n groot kastrol en bedek met koue water en sout. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot sag.

2 Dreineer die aartappel-enbotterskorsiemengsel. Roer ’n stukkie botter by en druk dit fyn met ’n aartappeldrukker. Geur met sout na smaak.

3 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslagoondbak met ’n bietjie van die olyfolie.

4 Verhit die res van die olie in ’n pan en braai die preie, knoffel en spek tot bros en geurig. Geur na smaak.

5 Meng die preiemengsel, suurlemoensap, pietersielie, witwyn en room. Roer die mielieblom by die koue water en meng dit deur die preiemengsel.

6 Sit die stokvisblokkies in die voorbereide oondbak en giet die preiemengsel oor. Roer liggies sodat die sous die visblokkies bedek.

7 Skep die aartappel-en-botterskorsie- mengsel op die vis en bak sowat 45 minute of tot gaar. Geur met sout en peper na smaak.

Volg Huisgenoot op Twitter.