GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20-30 min.

Verkoeltyd: 15 min.

Gaarmaaktyd: 10 min.

4 aartappels, geskil en gekook

250 g stokvis, gestoom en gepluis

250 g skelvis, gestoom en gepluis

10 g pietersielie, gekap

sout en pas gemaalde peper

15 ml (1 e) suurlemoensap

125 ml (½ k) meel

3 eiers, geklits

250 ml (1 k) droë broodkrummels

olie vir vlakbraai

  1. Druk die aartappels fyn en meng met die stokvis, skelvis en pietersielie. Geur met die sout, peper en suurlemoensap.
  2. Vorm sigare van 10cmlank met die mengsel. Rol elke sigaar eers in die meel, dan in die eier en dan in die broodkrummels. Verkoel 15 minute.
  3. Verhit die olie en braai die krokette tot alkant goudbruin.
  4. Dreineer die oortollige olie op kombuispapier.
  5. Sit die krokette voor saam met lemmetjieskyfies indien verkies.