GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 6 min.

500 g stokvis, gekap

5 agurkies, gekap

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

400 g cannellini-bone

sout en vars gemaalde peper

250 ml (1 k) broodkrummels

60 ml (¼ k) olyfolie

mayonnaise en suurlemoenwiggies vir voorsit

1. Plaas die stokvis, agurkies, mosterd, bone, sout en peper in ’n verwerker en pols tot net gemeng.

2. Vorm in koekies en bedek met die broodkrummels. Verhit 15 ml (1 e) olie in ’n kleefwerende braaipan oor matige hitte. Braai die viskoekies in sarsies 3 min. weerskante of tot goudbruin en voeg nog olie by indien nodig.

3. Sit voor op broodrolletjies saam met mayonnaise en suurlemoenwiggies.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller