Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Verkoeltyd: 1 uur

500 g stokvisfilette

½ rooisoetrissie, in klein blokkies gesny

2 rooibrandrissies, gekap

30 ml (2 e) gekapte koljander

3 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) vissous

60 ml (¼ k) klappermelk

1 eier, geklits

olie vir diepbraai

1    Sny die vis in stukke en sit hulle saam met die rooi soetrissie, brandrissies, koljander, knoffel en vissous in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot ’n pasta. Roer die klappermelk en eier in. Verkoel ’n uur in die koelkas.

2    Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n pan oor matige hitte.

3    Vorm die vismengsel in klein koekies en plaas bietjies op ’n slag versigtig in die olie. Braai tot bros en bruin. Skep met ’n gaatjieslepel uit die olie en dreineer op kombuispapier.

4    Sit voor saam met kapokaartappels of rolletjies.

- Hope Malau