KEBABS

500 g vis, in blokke gesny

8 baba-aartappels, gaar en gehalveer

2 wiele (200 g) fetakaas, in blokke gesny

sout en peper

MARINADE

125 ml (½ k) elk koljander- en mentblare, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) olyfolie

Verhit die oond tot 230 °C.

  1. KEBABS Ryg die vis, aartappels en feta aan stokkies en geur met die sout en peper.
  2. MARINADE Meng die bestanddele en giet oor die kebabs, verkoel en marineer 1 uur.
  3. Rooster 10 minute.