Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Baktyd: 20 minute

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

2 tamaties, gekap

10 ml (2 t) tamatiepasta

250 ml (1 k) visaftreksel

vissous

400 g sardyne in water

15 ml (1 t) tiemie

  1. Voorverhit dit oondrooster en verhit die olie in ’n oondvaste bak.
  2. Voeg die ui, knoffel, pietersielie, tamaties, tamatiepasta en visaftreksel by. Plaas 10 minute in die oond.
  3. Geur na smaak met vissous, voeg die vis by en strooi tiemie oor. Sit nog 5 minute in die oond.
  4. Sit voor met suurlemoenwiggies en warm, korserige brood om die sappe mee op te vee.