WEB 19 NOV

Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

750 g stokvisfilette, gestoom en gevlok

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) meel

250 ml (1 k) melk

5 ml (1 t) mosterdpoeier

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

3 groot eiers, geskei

sout en peper

1.     Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak met ’n deursnee van 20 cm met botter.

2.     Maak ’n witsous met die botter, meel en melk in ’n klein kastrol.

3.     Verwyder van die hitte en klits die mosterdpoeier, helfte van die kaas en eiergele in. Voeg die helfte van die gevlokte vis by die witsous en meng goed.

4.     Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die mengsel in.

5.     Plaas die oorblywende vis op die bodem van die voorbereide bak en giet die witsousmengsel oor. Strooi die oorblywende kaas bo-oor en bak 25-30 minute in die oond.

6.     Sit voor met groente of slaai.