Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

30 ml (2 t) olyfolie

½ ui, fyngekap

sout en wit peper

250 ml (1 k) jasmynrys

1 lourierblaar

40 g botter, in stukke gesny

Sous

80 g botter, ekstra vir braai

60 ml (1/3 k) room

60 ml (¼ k) vars suurlemoensap

sout en wit peper

180 ml (2/3 k) meel

400 g stokvis, in blokkies gesny

’n hand vol pietersielie, gekap

2 suurlemoene, gehalveer

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. Verhit ollie op die stoof in ’n middelslag oondvaste kastrol oor matige hitte. Voeg ui by, geur met sout en peper, en braai terwyl jy af en toe roer tot versag. Voeg rys by en roer om te bedek.Braai sowat 5 min. terwyl jy af en toe roer tot die rys deurskynend is. Voeg lourierblaar en 750 ml (3 k) water by. Geur met sout en peper. Bring tot prutpunt. Bedek en bak sowat 15 min. in die oond tot die rys sag en die water geabsorbeer is.

2. Haal die rys uit die oond en laat staan 5 min. Vlok dan liggies met ’n vurk. Bedek met botter en laat dit by die rys insmelt.

3. Sous Braai die botter in ’n klein kastrol oor matige hitte terwyl jy dikwels roer tot die botter skuim en dan effens verbruin. Verwyder van die hitte en voeg die room stadig by. Sit terug op lae hitte en kook terwyl jy gereeld roer tot die room verbruin.

4. Verwyder van die hitte en roer die suurlemoensap en 125 ml (½ k) water in.

5. Sit die meel in ’n vlak bak. Geur die vis met sout en peper. Sit dan die vis in die meel om te bedek en skud oortollige meel af.

6. Verhit ekstra botter in ’n groot pan oor matig hoë hitte tot dit rook. Voeg die vis versigtig by en braai sowat 4 min. tot goudbruin. Giet die roomsous versigtig in, meng om te bedek en sit voor.

*Wenk: Roer die rys met ’n vurk pleks van ’n lepel sodat dit nie papperig word nie.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller