Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

500 g tagliatelle-pasta

4 preie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

125 ml (½ k) dikroom

150 g sampioene, in skywe gesny

600 g stokvisfilette

sout en peper

20 g botter, gesmelt

30 ml (2 e) olie

Voorverhit die oond tot 170 °C.

  1. Kook die pasta in ’n groot pot gesoute kookwater tot net gaar, maar nog ferm.
  2. Vou vier groot velle bakpapier in die helfte vir die pakkies. Skep die gaar pasta, prei en knoffel op die vier dubbele velle, bedek met ’n lepel vol van die room en voeg die sampioene en vis by. Geur met die sout en peper. Meng die botter en olie, en bedruip oor die vis en sampioene.
  3. Vou die bakpapier in pakkies en sorg dat die kante verseël is. Bak 15 minute of tot die sampioene gaar is.