Genoeg vir 8 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

OONDGEBAKTE AARTAPPELS

500 g baba-aartappels, gehalveer

4-6 heel knoffelhuisies

sout

15-30 ml (1-2 e) olyfolie

skil van 1 suurlemoen

SALSA (opsioneel)

100 g olywe, ontpit en in

growwe stukke gesny

45 ml (3 e) gekapte vars kruie soos pietersielie en basilie

1 rooi brandrissie, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

sap en skil van 1 suurlemoen

20 ml (4 t) tamatiepesto

sout en peper na smaak

VIS

4 groot stokvisfilette

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) goeie laevetmayonnaise (opsioneel)

koekmeel, met sout en peper gegeur

olie

GARNALE EN SOUS

sap en skil van 3 suurlemoene

paar druppels tabascosous (opsioneel)

6 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 bossie pietersielie, gekap

600 g garnale in die dop

suurlemoenskyfies vir stoom

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. AARTAPPELS Plaas die aartappels en knoffel in ’n oondpan, geur met sout en giet olyfolie oor. Oondbraai 20-25 minute tot gaar. Rasper suurlemoenskil oor.
  2. SALSA Meng al die bestanddele.
  3. VIS Geur die vis met sout en peper en smeer liggies met mayonnaise. Rol dit in die meel en braai in ’n klein bietjie verhitte olie tot alkant goudbruin en gaar. Bedek die pan en laat stoombraai.
  4. GARNALE EN SOUS Meng die bestanddele en marineer die garnale sowat 30 minute.
  5. Pak suurlemoenskyfies in ’n stomer met die garnale bo-op. Stoom sowat 7 minute tot die garnale pienk is. Verf tussendeur met die sous.

Sit die seekos voor met aartappels, salsa en suurlemoen.