Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 4 mense

1 lemoen, geskil en in skywe gesny

1 suurlemoen, geskil en in skywe skywe

30 ml (2 e) knoffel-grasuie, gekap

1 rooi-ui, gekap

20 g druiwe

’n handvol pietersielie en basilie

4 baba-stokvisse, skoongemaak

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

korserige brood vir opdiening

1.Voorverhit die oondrooster. Plaas die lemoen- en suurlemoenskil en die skywe in ’n voedselverwerker saam met die grasuie, ui, druiwe en kruie en verwerk tot fyngekap. Vul die vier stokvisse met die mengsel en plaas hulle op ’n bakplaat.

2.Bedruip die visse met die olie en geur met sout en peper. Plaas hulle 15 minute in die oond.

3.Sit dadelik voor met korserige brood om die vissappe mee op te suig.

- Hope Malau