Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

SLAAI

500 g baba-aartappels

45 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

sap en skil van 1 suurlemoen

15 g vars roketblare

VIS

400 g visporsies

30 ml (2 e) knoffel-en-kruie-speserye

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Slaai Versprei die aartappels op ’n bakplaat. Giet die olie oor en geur met die sout en peper. Oondbraai 40-45 min. tot goudbruin en sag.
  2. Besprinkel die warm aartappels met die suurlemoensap en -skil.
  3. Vis Pak die vis op ’n bakplaat en geur met die knoffel-en-kruiespeserye. Oondbraai 15 min. tot gaar.
  4. Meng die roketblare deur die aartappels en sit voor saam met die vis.