Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Jy het dit nodig

Sous

10 ml (2 t) olie

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekap

250 ml (1 k) druiweasyn

125 ml (½ k) water

60 ml (¼ k) bruinsuiker

10 ml (2 t) kerriepoeier

5 ml (1 t) gemaalde koljander

sout en peper na smaak

sit voor met aartappels

Vis

4 witvis-filette (stokvis of geelstert)

10 ml (2 t) visspeserye

5 ml (1 t) droë gemengde kruie

5 ml (1 t) knoffelvlokkies

5 ml (1 t) uievlokkies

1 suurlemoen se sap

30 ml (2 e) olyfolie

MAAK SO:

Sous

Verhit die olie in ’n braaipan en braai die ui tot dit deurskynend is.

Voeg die res van die bestanddele by.

Kook 5 minute liggies tot dit dik is en die suiker opgelos het.

Vis

Sny die vis in porsiegroottes.

Meng die visspeserye, kruie, knoffel- en uievlokkies, suurlemoensap en olyfolie in ’n bak.

Laat die vis 15 minute daarin marineer.

Panbraai die vis 5 minute in ’n warm pan of tot dit maklik met ’n vurk vlok.

Sit die vis en sous voor met blokkies kerrieaartapppels.

Foto: David Briers.

Volg Huisgenoot op Twitter.