Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

4 witvis-filette

5 ml (1 t) knoffelsout

5 ml (1 t) swartpeper

’n blerts botter

5 ml (1 t) olie

5 ml (1 t) knoffel, fyngedruk

1 rooi brandrissie, gekap

5 ml (1 t) gerasperde gemmer

200 g groenbone

250 g sampioene

2 ml (½ t) meel

60 ml (¼ k) groenteaftreksel

45 ml (3 e) melk

1 Geur die vis weerskante met die knoffelsout en peper. Verhit die botter en olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die vis 5 minute weerskante en sit eenkant.

2 Soteer die knoffel, brandrissie, gemmer, bone en sampioene 5 minute in dieselfde pan.

3 Strooi die meel oor die pan en kook 2 minute. Gooi dan die aftreksel en melk in.

4 Verlaag die hitte en laat prut tot die sous verdik het. Bedek die vis met die groente en sous en sit voor.

- Hope Malau