AARTAPPELS

4 aartappels, gekook tot net gaar en in kwarte gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

VIS

4 visporsies

sout en peper

SMEER

15 ml (1 e) basiliepesto

60 ml (¼ k) mayonnaise

60 ml (¼ k) Griekse jogurt

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Aartappels: Smeer die aartappels met die olie. Geur met die sout en peper. Pak op ’n bakplaat. Rooster 35 minute.
  2. Vis: Geur die vis met die sout en peper.
  3. Smeer: Meng al die bestanddele en smeer oor die vis. Pak op ’n bakplaat en rooster 15 minute.
  4. Sit voor met die aartappels