Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

SALSA

4 bete, gekook en in klein blokkies gesny

8 sprietuie, gekap

1 rooi brandrissie, saad verwyder en gekap

30 ml (2 e) gekapte vars koljander

30 ml (2 e) suurlemoensap

75 ml (5 e) olyfolie

sout en peper

VIS

4 stokvisfilette

sout en peper

koekmeel vir bestrooi

25 g botter

5 ml (1 t) olie

1    Salsa Plaas die beet in ’n bak, voeg die oorblywende bestanddele by en roer goed.

2    Vis Geur die filette met die sout en peper en bestrooi dan met die meel.

3    Smelt die botter in ’n groot kastrol saam met die olie. Braai die vis weerskante 4 minute of tot gaar, goudkleurig en bros. Sit voor met die beetsalsa.