En wanneer jy die vis bedek, laat oortollige beslag afloop sodat dit nie te dik is nie.

Genoeg vir 4 mense

Verkoel: 1 uur

Bereiding: 15 minute

Gaarmaak: 20 minute

PATATSKYFIES

2 patats, geskil

10 ml (2 t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) rooipeper

2 ml (½ t) fyn komyn

sout en peper

VIS

500 ml (2 k) meel

15 ml (1 e) bakpoeier

sout en peper

45 ml (3 e) Dijon-mosterd

1 blik (440 ml) swartbier

4 stokvisfilette

VIR GAARMAAK

olie vir diepbraai

  1. Patatskyfies: Sny die patat in dun skyfies met ’n groenteskiller of mes. Plaas in ’n bak koue water en verkoel 1 uur.
  2. Meng intussen die brandrissiepoeier, rooipeper, komyn, sout en peper en sit eenkant.
  3. Vis: Meng die meel, bakpoeier, sout, peper en Dijon-mosterd in ’n groot bak. Voeg die bier by en klits tot die beslag glad is. Verkoel ’n halfuur in die koelkas.
  4. Vir gaarmaak: Verhit die olie vir diepbraai in ’n groot pot (sien wenk).
  5. Dreineer die patats en druk met papierhanddoek droog. Doop in die brandrissiepoeiermengsel en braai in sarsies 3 minute of tot goudbruin in die warm olie.
  6. Doop die visfilette in die beslag en laat die oortollige beslag afloop. Laat gly die vis sagkens by die warm olie in. Laat 5 minute braai, draai en braai nog 5 minute. Dreineer op papierhanddoek.

Wenk: Maak seker die pot is groot genoeg vir die visfilette, anders sal hulle opkrul.