Beproef hierdie vis en tjips by die huis. Dis regtig maklik.

GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

6 stokvisfilette

sout en vars gemaalde peper

375 ml (1½ k) bruismeel, ekstra vir bestuif

250 ml (1 k) gemmerlim (ginger ale)

olie, vir diepbraai

Geur die vis met die sout en vars gemaalde peper en bestuif liggies in meel.

Sif die meel in ’n groot bak. Klits die gemmerlim in om ’n dik beslag te vorm. Dit moet die rugkant van ’n houtlepel bedek.

Bedek die vis dik met die beslag. Verhit die olie en braai die visfilette 5 min. weerskante. Skep uit die pan en dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met tjips.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander