Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

15 ml (1 t) olie

Vulsel:

4 stokvis-filette

45 ml (3 t) sagte broodkrummels

100 g spinasie, gekap

60 ml (4 t) pietersielie, gekap

Sous:

45 ml (3 t) botter

10 (2 t) olie

6 groot knoffelhuisies, fyn gekap

6 rooi rissies, in die helfte gesny

45 ml (3 t) vars tiemie, die helfte fyn gedruk en die ander helfte net so

sout en peper vir smaak

Filo-pakkies:

6 velle filokors

60 g botter, gesmelt

1.    Voorverhit die oond tot 200 °C en olie vier groot holtes van ’n kolwyntjiepan.

2.    Vulsel: Verhit ’n braaipan op ’n hoë hitte, sit die olie in en braai die vis ongeveer 4 minute aan elke kant tot dit heeltemal gaar is.

3.    Maak die vis in ’n bakkie fyn saam met die broodkrummels, spinasie, pietersielie en sout en peper.

4.    Sous: Verhit die olie in ’n souspotjie oor lae tot matige hitte. Voeg die knoffel, rissies en tiemie by en roer twee minute, tot dit geurig is. Verwyder van die hitte en voeg sout en peper na smaak by.

5.    Filo-pakkies: Sny die filo in min of meer 12 vierkante van 30 cm by 30cm. Plaas een vierkant in die holte van ’n kolwyntjiepan en verf dit met gesmelte botter voor jy die volgende vierkant bo-op sit. Verf die tweede vierkant ook met botter, en sit dan ’n derde op wat jy ook met botter gesmeer het.

6.    Sit ’n kwart van die mengsel in die middel van die blokkie en gebruik jou hand om die filodeeg op te druk sodat dit soos ’n bakkie om die mengsel vou.

7.    Verf enige van die rante van die deeg wat uitsteek met gesmelte botter. Herhaal alles om nog drie filo-pakkies te maak.

8.    Bak 20 minute of tot die filo goudbruin is.

9.    Sit die sous in ’n aparte bakkie  voor.

- Hope Malau