Genoeg vir 2-4 mense 

4-6 porsies stokvis (sowat 200 g elk)

sout

meel

BESLAG

10 ml meel

75 ml mielieblom

7 ml bakpoeier

Knippie mosterdpoeier

Sout en varsgemaalde swartpeper

1 eier, geklits

200 ml koue water of bier

Olie vir vlakbraai

tjips en suurlemoenwiggies

Geur die vis met sout, bedek die vis met meel en skud die oortollige meel af.

Klits die meel, mielieblom, bakpoeier, mosterdpoeier, sout en peper saam en roer die eier en water of bier by.

Klits tot goed gemeng.

Verhit die olie in ‘n pan en doop die vis in die beslag en braai in olie tot gaar en goudbruin.

Skep die vis uit en dreineer op ‘n stukkie kombuispapier.

Herhaal totdat al die vis gebak is.

Sit voor saam met tjips, suurlemoenwiggies en slaai.