Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

BESLAG

250 ml (1 k) bruismeel

’n knippie sout

250 ml (1 k) yskoue bier (lager)

VIS

80 ml (? k) meel

30 ml (2 e) gerookte paprika

sout en peper

4-6 stokvisfilette

olie vir diepbraai

VIR VOORSIT

250 ml (1 k) mayonnaise

400 g koolslaaimengsel

bevrore aartappelskyfies, gebak volgens die aanwysings op die verpakking

  1. Beslag: Klits die meel, sout en bier saam tot die mengsel sonder klonte is.
  2. Vis: Meng die meel, paprika, sout en peper in ’n vlak bak. Bedek die vis met die gegeurde meel.
  3. Verhit die olie in ’n diep pan of kastrol. Doop die gegeurde vis in die bierbeslag en sit dit versigtig in die warm olie. Braai 3 tot 4 minute of tot goudbruin.
  4. Vir voorsit: Roer die mayonnaise in die koolslaaimengsel in. Sit die vis saam met die warm skyfies en koolslaai voor.

- Carmen Hendricks