Genoeg vir 4 porsies

MARINADE

2 knoffelhuisies, gekap

45 ml (3 e) suurlemoensap

60 ml (¼ k) olyfolie

15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde peper na smaak

SOSATIES

4 x 200 g-porsies stokvis

16 gedroogde halwe perskes (in kookwater laat staan)

1 groot ui, in kwarte gensy

4 sosatiestokkies

MARINADE

Meng al die bestanddele vir die marinade en hou eenkant.

SOSATIES

Sny die vis in blokke omtrent so groot soos ’n vuurhoutjieboksie.

Ryg ’n stukkie vis, gevolg deur ’n halwe perske en stukkie ui op ’n sosatiestokkie.

Herhaal tot die hele stokkie amper toegeryg is.

Ryg die res van die sosaties in en plaas in ’n bak.

Gooi die marinade oor die sosaties en laat staan vir minstens 15 minute.

Braai tot lekker bruin in ’n warm riffelpan.

As die sosaties nog nie gaar is nie, plaas dit vir so 5-10 minute in ’n voorverhitte oond van 200 ºC.

Sit voor saam met slaai.