Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40-50 min.

BOLAAG

4 groot aartappels, geskil

500 ml (2 k) jong bevrore ertjies

15 ml (1 e) botter

sout en vars gemaalde peper

VIS

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

400 g vis

30 ml (2 e) gekapte grasuie

2 wiele peperfetakaas, gekrummel

10 ml (2 e) suurlemoensap

sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Bolaag Kook die aartappels gaar. Wanneer hulle gaar is, voeg die ertjies by en kook nog 5 min. Dreineer, gooi terug in die kastrol, voeg die botter by en druk fyn. Geur met die sout en peper.
  2. Vis Verhit die botter en olie en braai die uie en knoffel tot dit sag is.
  3. Voeg die vis by en roerbraai tot gaar en tot die vis begin breek. Breek die vis met ’n houtlepel en haal van die hitte af.
  4. Voeg die res van die bestanddele by. Meng goed deur en geur met die sout en peper.
  5. Skep die vis in oondvaste bakkies.
  6. Skep die bolaag op die vismengsel.

Vlok die vis rofweg en verwyder enige vel en grate.