Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

300 g stokvisfilette, in skywe gesny

2 aartappels

45 ml (3 e) olie

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste kasserol.

  1. Rangskik die vis met die velkant na onder in die kasserol.
  2. Sny die aartappels in dun skywe, vryf met die olie en geur met sout en peper.
  3. Rangskik op die vis en bak 35 minute of tot die aartappels goudkleurig is.

- Hope Malau