Genoeg vir 4-6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

KORS

400 g broskorsdeeg

VULSEL

1 ui, gekap

4 aartappels, in blokkies gesny

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) koljandersaad

5 ml (1 t) matige kerriepoeier

400 g sardyne

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

1 eier

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.

  1. Vulsel Soteer die uie in ’n kastrol oor matige hitte tot sag en effens verbruin.
  2. Voeg die aartappels by en braai saam met die uie tot amper sag. Voeg die borrie, koljandersaad en kerrie by en roerbraai tot geurig. Voeg die sardyne en aftreksel by, laat prut dit 15 min. of tot die aftreksel verminder het.
  3. Kors  Verdeel die deeg in vier op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en rol elke stuk uit om ’n sirkel te vorm. Skep die vulsel aan die een kant van die deeg.
  4. Verf die deegrande met eierwas, verseël en plaas op ’n bakplaat. Herhaal. Eierwas die bokant en bak 15 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan