Minder as 30 minute Bedien:  4 Hoofbestanddeel:  Vis en seekos

Bestanddele

Hoofbestanddele

1 klont PnP botter

1 skeut PnP olyfolie

1 groot ui, fyngekap

4 knoffelhuisies, fyngekap

1 kg swartmossels, skoongemaak

500 g garnale, skoongemaak

500 g ferm wit visfilette, in blokkies gesny

125 ml no name droë wit wyn 250 ml PnP room 125 ml gekapte pietersielie 1 knippie gemaalde sout en peper 4 koppies gestoomde wit rys of brood om mee te bedien Metode

Verhit die botter en ’n skeut olie in ’n potjie oor medium kole.

Braai die ui tot sag, voeg knoffel by en braai vir nog ’n minuut.

Voeg die mossels, garnale en vis by en gooi die wyn oor.

Laat dit kook vir 6 – 8 minute of totdat die mossels oopgegaan het (gooi enige mossels wat nie oopgaan nie weg) en die garnale en vis gaar is.

Voeg die room en pietersielie by en roer liggies .

Voeg sout en peper by en bedien dadelik met rys of brood.

KLIK HIER vir meer resepte van PicknPay.