Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

1 lemoen

10 ml (2 t) olyfolie

500 g stokvisfilette, in blokkies gesny

3 x 400 g-blikke gekapte tamaties

1 ui, fyn gekap

1 groen brandrissie

1 sitroengras, gekneus

2 takkies vinkel

5 ml (1 t) borrie

2 lourierblare

’n hand vol pietersielie, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Skil die lemoen en pak die skille op ’n bakplaat en sit dit 10 min. in die oond of tot uitgedroog.
  2. Meng die skil met die res van die bestanddele (ook die lemoen) in ’n groot pot oor matige hitte. Geur met die sout en peper. Bedek met ’n deksel en laat prut 10 min. of tot die vis gaar is.
  3. Sit warm voor met korserige brood.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers