Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

500 ml (2 k) skroefpasta

170 g x 2 blikke tuna

250 g sampioene, in skywe gesny

2 sprietuie, gekap

250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk

250 ml (1 k) dikroom

4 eier, geklits

sout en peper, na smaak

250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)

slaai vir voorsit

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n koekpan. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
  2. Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ’n bak. Meng die room, eiers, sout en peper in ’n beker. Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.
  3. Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta. Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas. Bak ’n halfuur of tot ferm. Sit voor saam met slaai.