Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

250 ml (1 k) pastarys

1 kg seekosmengsel

10 ml olyfolie

1 ui, in skywe gesny

1 groen soetrissie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) visspesery

250 ml (1 k) bevrore gemengde groente, afgespoel en gedreineer

sout en peper na smaak

Kook die pastarys soos op die verpakking aangedui.

Dreineer die seekos in ’n gaatjiesbak.

Verhit die olie en roerbraai die ui, soetrissie en knoffel 2 minute.

Voeg die seekos, groente en speserye by en laat prut 5-10 minute.

Geur met sout en peper.

Meng die pastarys ’n paar lepels op ’n slag met die seekos.

Sit voor saam met suurlemoenwiggies.

Volg Huisgenoot op Twitter.