GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

2-3 blikke (85 g elk) gerookte mossels

1 blik (400 g) klappermelk

500 ml (2 k) visaftreksel

45 ml (3 e) gekapte koljanderblare

2 brandrissies, gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

45-60 ml (3-4 e) sojasous

paar druppels vissous

lemmetjieskyfies

koljanderblare vir bo-oor sprinkel

  1. Plaas die mossels (olie en al), klappermelk, visaftreksel, koljanderblare en brandrissies in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Laat goed kook sodat die geure goed kan meng.
  2. Verwerk die vloeistof in die kastrol met ’n staafmenger tot die mossels fyner opgekap is.
  3. Voeg die suurlemoensap by en geur met soja- en vissous.
  4. Sit voor met lemmetjie-skyfies en sprinkel koljanderblare oor.