Lewer: 6

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

5 ml (1 t) vinkelsaad

45 ml (3 T) olyfolie

1 vinkelbol, gesny

2 knoffelhuisies, gekap

8 witvis-filette

1 suurlemoen se sap

Sout en peper

Handvol vinkelblare

Kapokaartappels om daarby voor te sit

1.    In ’n droë pan oor lae hitte, bak die vinkelsaad tot geurig of vir 5 minute. Laat afkoel en maak die saad fyn in ’n speserymeule of vysel.

2.    In ’n geoliede pan, soteer die gesnyde vinkel vir 3 minute of tot bruin. Voeg die knoffel by en skep uit die pan.

3.    In dieselfde pan, oor mediumhitte, bak die vis vir 5 minute aan weerskante en giet suurlemoensap oor. Sit die vis voor met vinkel, vinkelblare en kapokaartappels.

- Hope Malau