4 groot visfilette, in kleiner

porsies gesny

gegeurde meel

BESLAG

310 ml (1¼ k) koekmeel

10 ml (2 t) mielieblom

5 ml (1 t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

1 eier

250 ml (1 k) bier

60 ml (¼ k) gesmelte STORK BAKE

BEREIDING

olie vir diepvetbraai

suurlemoenwiggies en

growwe sout

Druk die vis droog en bestuif met meel. Skud die oortollige meel af.

BESLAG

Meng die meel, mielieblom, bakpoeier en sout. Meng die eier, bier en gesmelte STORK BAKE en roer dit vinnig by die meelmengsel in tot glad.

BEREIDING

Doop die vis in die beslag en braai dit in warm olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit voor met suurlemoenwiggies en growwe sout.

SKYFIES

Skil vier groot aartappels en sny dit in skyfies. Giet kookwater oor die skyfies en laat dit vir 10 tot 15 minute staan. Dreineer goed en druk droog met kombuispapier. Verhit genoeg olie in ’n pan om die skyfies daarin te diepbraai. Braai tot goudbruin en bros. Geur met sout en asyn en sit saam met die vis voor.

Genoeg vir 4 mense

Stork-wenk: As skyfies vooraf ’n paar minute geblansjeer of ge-stoom word, braai dit ekstra bros buite en sag binne.