Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 4 mense

Klapperblatjang

3 knoffelhuisies

1 tamatie, gekap

2 rooi brandrissies, gekap

125 ml (½ k) droë klapper

2,5 ml (½ t) borrie

die sap van ½ lemmetjie

Tuna

400 g vars tuna

125 ml (½ c) balsemreduksie

30 g koljandersaad

45 ml (3 e) growwesout en gemengde peperkorrels

gemengde slaaiblare

1 rooi-ui

2 lemmetjies

60 ml (¼ k) olyfolie

Blatjang Verwerk die knoffel, tamatie, brandrissies, klapper, borrie en lemmetjiesap in ’n voedselverwerker tot ’n gladde pasta.

Tuna Verf die tuna met die balsemreduksie en rol dit in koljandersaad en sout en peper.

Rol die tuna in kleefplastiek toe en verkoel ’n uur in die yskas. Dit sal keer dat die sade en peper afval.

Verskroei die tuna weerskante in ’n warm en gesmeerde pan oor hoë hitte. Hou die tuna by kamertemperatuur, sny in skywe en sit voor saam met blaarslaai, ui en lemmetjies. Bedruip met olyfolie.

- Hope Malau