Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

15 ml (1 e) olie

400 g beenlose vark, in blokkies gesny

200 g gespeseryde varkwors, soos chorizo

1 ui, in skywe gesny

1 rooi brandrissie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

1 blik (410 g) heel tamaties

5 ansjovisse, gekap

’n hand vol pietersielie, gekap

15 ml (1 e) heuning

1    Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die blokkies varkvleis by en braai 5 minute of tot verbruin. Voeg die wors by en braai 3 minute. Haal die vleis uit die pan.

2    Sit die pan op die plaat terug en soteer die ui en brandrissie 2 minute of tot die ui deurskynend is. Voeg die knoffel en aftreksel by, sit die vleis terug in die pan en laat 15 minute prut.

3    Voeg die tamaties, ansjovis en pietersielie by en laat nog 20 minute prut. Roer die heuning in.

4    Sit met warm brood voor.

- Hope Malau