Genoeg vir 4 porsies

Bereiding: 20 minute

Staantyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

2 blikkies (175 g elk) tuna, gedreineer

1 blik (120 g) sardiens in pekelwater, gedreineer

125 ml (½ k) vars broodkrummels

1 eier, geklits

30 ml vars kruie (kruisement, pietersielie

of koljander), fyn gekap

1 klein ui, fyn gerasper

skil van 1 suurlemoen

sout en vars gemaalde swartpeper

olie vir vlakbraai

SPINASIEROOMSOUS

15 ml (1e) olyfolie

15 ml (1e) botter

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap

200 g spinasie, ontstingel en fyn gekap

250 g murgpampoentjies, in ringe gesny

60 ml (¼ k) geroomde maaskaas of gewone,

gladde maaskaas

40 ml vars suurlemoensap

Meng die tuna, sardiens, broodkrummels, eier, vars kruie, ui, skil van suurlemoen, sout en peper saam en vorm ewe groot frikkadelle (so groot soos gholfballe).

Plaas in die yskas vir ongeveer 30 minute.

SOUS

Verhit die olie en botter en braai die ui en knoffel ’n paar minute. Roer die spinasie en murgpampoentjies by en roerbraai ’n minuut. Verwyder van die plaat en roer die roomkaas en suurlemoensap by. Geur indien nodig en hou eenkant.

Verhit die olie vir braai en braai die tunafrikkadelle tot gaar en goudbruin. Sit die tunafrikkadelle saam met die sous en pasta of bruinrys voor.