Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

400 g tuna in water, gedreineer

60 ml (¼ k) laevet-mayonnaise

15 ml (1 e) gekapte basilie

gekapte stingelui, tamatie en komkommer

sout en peper na smaak

2 tortillas, in helftes gesny

8 blaarslaai-blare

suurlemoenskyfies vir voorsit

  1. Meng die tuna, mayonnaise en basielkruid.
  2. Meng die stingelui, tamatie en komkommer en geur na smaak met sout en peper.
  3. Rol die tortilla in ’n horinkie, plaas 2 blaarslaai-blare in, skep ’n goeie skep van die tunamengsel op en sprinkle van die gekapte komkommermengsel oor. Sit voor met suurlemoenskyfies.