Vir ’n romeriger tekstuur en smaak kan jy roomkaas met grasuie-geur by die vulsel voeg.

Lewer 1 pastei

Bereiding: 15 min.

Bak: 40 min. 

450 ml bruismeel

125 g botter, gekap

330 ml (1? k) cheddarkaas, gerasper

15 ml (1 e) water

3 blikkies (170 g elk) tuna

300 g suurroom

6 eiers

15 ml (1 e) gekapte grasuie

skil en sap van 1 suurlemoen

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n 23 cm-losboompan met olie.
  2. Gooi die meel, botter en 200 ml van die kaas in ’n menger en meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg water by en meng goed. Hou 125 ml (½ k) van die deegmengsel eenkant. Druk die res op die basis en teen die kante van die voorbereide pan.
  3. Strooi die tuna oor die deegbasis.
  4. Meng die suurroom, eiers, grasuie, suurlemoenskil en –sap met die oorblywende kaas.
  5. Gooi oor die tuna. Krummel die deeg wat eenkant gehou is oor die bolaag.
  6. Bak 40 minute of tot ferm en goudbruin. Los 10 minute in die pan, sny in wiggies en sit voor.

Deur Hope Malau