Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

15 ml (1 e) olyfolie

1 rooi-ui, in dun skywe gesny

2 rooi soetrissies, in blokkies gesny

1 rooi brandrissie, gekap

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn kaneel

300 ml (1¼ k) water

5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) koeskoes

’n hand vol pietersielie, gekap

sap van 1 suurlemoen

2 ×170 g-blikke tuna in olie, gedreineer (hou van die olie)

sout en peper

vars koljanderblare vir voorsit

1. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Braai die ui 3 min. terwyl jy roer tot sag. Voeg die soetrissies, brandrissie, komyn, koljander en kaneel by en roerbraai 1 min.

2. Voeg die water en sout by en bring tot kookpunt. Roer die koeskoes in, skakel die hitte af en sit ’n deksel op. Los 15 min. tot die koeskoes geswel het. Vlok die koeskoes met ’n vurk.

3. Voeg die pietersielie, suurlemoensap en van die tunaolie by om dit lekker klam te maak en vou dan sagkens deur.

4. Voeg die tuna by en geur met die sout en peper. Bedek net voor opdiening met die koljanderblare.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller