Bereiding: 30 min

Gaarmaaktyd: 15 min

Lewer 18 tertjies

Breinkos-bestanddele eiers, laevetsuiwel, komplekse koolhidrate, tamatie

VULSEL

1 houertjie (250 g) kersietamaties, gehalveer

2 uie, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) vars tiemie, gekap

sap en skil van 2 suurlemoene

2 blikkies (170 g elk) tuna in water verpak, gedreineer

285 g (1 houertjie) ricotta-kaas (of gladde maaskaas)

60 ml (¼ k) gekapte vars kruie

5 eiers, geklits

3 eiergele, geklits

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

sout en peper na smaak

RYSKORS

750 ml (3 k) gaar bruinrys (250 ml of 1 k rou)

250 ml (1 k) Edam-kaas, gerasper

5 eierwitte, geklits

  • Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  • Spuit die holtes van ’n diep muffinpannetjie goed met kossproei.

VULSEL

  • Rangskik die tamaties in die muffinpannetjie se holtes. Hou eenkant.
  • Roerbraai die uie, knoffel en tiemie saam. Voeg die res van die vulselbestanddele by en meng goed. Geur met sout en peper.

RYSKORS

  • Meng al die bestanddele goed en hou eenkant. Skep die holtes van die muffinpannetjies driekwart vol met die vulsel.
  • Vul die laaste kwart dan met die rysmengsel.
  • Plaas in die oond en bak 15-20 minute tot die vulsel ferm is.
  • Keer uit en dop om sodat die rys aan die onderkant is.
  • Sit warm of koud voor met tamatiesous.

VARIASIE Maak tunapasta deur die bruinrys met pasta te vervang en al die bestanddele dan te meng en te bak.

WENK Pak 'n yspak in die kosblik om die tertjies koel te hou.

Volg Huisgenoot op Twitter.