Tuna-en-keker-ertjie-frikkadelle

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 35 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

1 blik (410 g) keker-ertjies

60 ml (¼ k) olyfolie

1 blik (170 g) tuna

1 wortel, gerasper

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekap

’n hand vol vars koljander, gekap

’n hand vol vars pietersielie, gekap

3 druppels vissous

vars gemaalde swartpeper

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

sap van ½ suurlemoen

250 ml (1 k) broodkrummels

15 ml (1 e) olie

6 burgerrolletjies

slaaiblare

blatjang en mayonnaise vir voorsit

1 Verwerk die keker-ertjies en olie in ’n voedselverwerker tot ’n puree. Skep dit in ’n bak uit.

2 Voeg die tuna, wortel, ui, knoffel, koljander, pietersielie, vissous, peper, brandrissievlokkies en suurlemoensap by. Roer tot goed gemeng. Vorm die mengsel in ses frikkadelle, bedek en verkoel 30 minute.

3 Bedek die frikkadelle met broodkrummels. Verhit die olie in ’n pan en braai die frikkadelle tot goudkleurig weerskante. Dreineer op papierhanddoeke.

4 Sit die frikkadelle saam met slaaiblare op die rolletjies. Bedek met ’n blerts blatjang en sit voor met mayonnaise langs die kant.