Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

1 x 400 g-rol broskorsdeeg

BROCCOLI

1 kop broccoli, in kleiner boompies gebreek

15 ml (1 e) olyfolie

VULSEL

250 ml (1 k) jogurt

125 ml (½ k) mayonnaise

2 eiers, geklits

15 ml (1 e) geroosterde kerriepoeier

sout en vars gemaalde peper

1 x 170 g-blik tuna, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit een groot of vier klein quiche-pannetjies goed met kossproei.

  1. Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Voer die quiche-pan of -pannetjies uit met die deeg en bak 10 min.
  2. Broccoli Versprei die broccoli op ’n bakplaat en sprinkel die olie oor. Rooster 10 min.
  3. Vulsel Klits die jogurt, mayonnaise, eiers, kerriepoeier, sout en peper saam. Meng die tuna deur en
  4. giet in die quiche-pan of -pannetjies.
  5. Versprei die broccoli bo-oor en bak 20-25 min. of tot gestol. Sit voor saam met gehalveerde babatamaties.