Genoeg vir 4 mense

2 blikke (175 g elk) tuna

1 blik (410 g) rooi nierbone

1 blik (410 g) kekerertjies

60 ml (¼ k) vars kruie

20 ml olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie

1 klein ui

2 selderystingels

125 ml (¼ k) hummus

Dreineer die tuna, nierbone en kekerertjies.

Spoel die bone en ertjies af onder koue water.

Meng die tuna, bone en kekerertjies.

Roer die vars kruie, olie, sout en peper by die tunamengsel.

Kap die soetrissie, ui en seldery in baie klein blokkies en roer by die tuna.

Geur na smaak en sit voor saam met hummus en vars brood.

Wenk: Roer een gekapte brandrissie by die slaai.

Volg Huisgenoot op Twitter.