Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

3 blikkies (170 g elk) tuna

6 groot aartappels

60 g botter

1 rooi-ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

sout en peper na smaak

45 ml (3 e) meel

350 ml melk

250 ml (1 k) jogurt

100 g babaspinasieblare, gesnipper

100 g cheddarkaas, gerasper

vars basilieblare vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak gesmelte botter of bespuit dit met kossproei.

  1. Dreineer die tuna.
  2. Skil die aartappels en plaas dit in ’n groot kastrol. Vul die kastrol met soutwater en kook die aartappels tot net sag.
  3. Dreineer die aartappels en sny in skywe van 1 cm.
  4. Verhit die botter en braai die ui en knoffel ’n minuut.
  5. Geur met sout en peper en braai tot geurig.
  6. Maak ’n witsous van die meel, melk en jogurt.

Rangskik die helfte van die aartappelskywe in die voorbereide bak. Geur met die sout en peper.

Sprinkel die helfte van die tuna en spinasie oor die aartappels en giet die helfte van die sous oor. Rangskik die ander helfte van die aartappels op die witsous en herhaal met die res van die tuna, spinasie en witsous. Maak seker die sous loop tussen die aartappelskywe deur.

Sprinkel die kaas oor en bak sowat 20-30 minute of tot gaar.

Garneer met die basilieblare en sit voor.