Genoeg vir 4

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

600 g vellose stokvis

60 ml (¼ k) meel

1 eier, liggies geklop

250 ml (1 k) broodkrummels

30 ml (2 t) olie

400 g gevriesde ertjies

’n stuk botter

hand vol vars kruisement, gekap

gebakte aartappels om mee te bedien (opsioneel)

  • Sny die vis in 12 vingers.
  • Plaas die meel, eier en broodkrummels in drie aparte vlak bakke. Bedek die vis in meel, doop in die eier en bedek met broodkrummels. Sit dit op ’n bord en laat dit 10 minute in die koelkas afkoel.
  • Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die visvingers 8 minute of tot goudbruin en gaar; draai dit af en toe om.
  • Kook die ertjies in ’n pot kookwater 3 minute oor hoë hitte of tot sag. Dreineer, gooi in ’n bak en voeg botter en kruisement by. Druk dit rofweg fyn en geur met sout en peper.
  • Sit die visvingers met ertjies en gebakte aartappels voor.