Elmimen Kets van Kaapstad was al 13 keer in Thailand met vakansie saam met haar man. Sy skryf sy sal sommer vir altyd daar wil bly. Wanneer sy daar kom, doen sy graag van hul kookkursusse. Sy het vir ons van hul lekkerste soppe gestuur.

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4 tot 6 mense

10 ml (2 t) olyfolie

1 steel suurlemoengras, fyn gekap

15 ml (1 e) vars gemmerwortel, fyn gekap

2 rooi en 2 groen brandrissies, ontpit en gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

8 steurgarnale, skoongemaak

15 ml (1 e) vissous

200g sampioene, grof gekap

botter

handvol vars koljander- blare, gekap

Verhit die olie in ’n pot, voeg die suurlemoengras, gemmer, rissies en knoffel by en roerbraai dit ’n minuut.

Voeg die hoenderaftreksel en garnale by en laat prut 2 minute.

Braai die sampioene in ’n bietjie botter tot effens bruin in ’n pan en voeg dit by die sopmengsel.

Verwyder van die stoof en voeg die koljander by.

Volg Huisgenoot op Twitter.