Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Genoeg vir 4 mense

10 ml (2 t) sesamolie

5 ml (1 t) borrie

15-30 ml (1-2 e) rooikerriepasta

1 blik (400 ml) klapperroom

2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer

125 g babamielies

125 g suikerertjies

sout en vars gemaalde swartpeper

250 g gaar noedels

koljanderblare

Verhit die olie in ’n groot pan en braai die borrie en rooikerriepasta ’n paar minute tot geurig.

Roer die klapperroom by en kook ’n paar minute.

Roer die tuna, babamielies en suikerertjies by en laat prut ’n minuut.

Geur met sout en peper.

Sit voor saam met die noedels en garneer met koljanderblare.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 20 Januarie 2011.