Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute 

30 ml (2 e) olyfolie

50 g Thaise groenkerriepasta

1 rooi brandrissie, gekap

500 g hoenderfilette, in blokkies gesny

1 groot rooi soetrissie, in skywe gesny

1 blik (400 ml) kokosmelk

30 ml (2 e) vissous

500 g uitgedopte garnale

’n paar vars basilieblare

250 ml (1 k) jasmynrys, gekook

1 sprietui of brandrissie, gekap

1 Verhit die olie in ’n groot wok, voeg die kerriepasta en brandrissie by en roerbraai ’n minuut.

2 Voeg die hoenderblokkies by en roerbraai sowat 5 minute tot die hoender geseël is.

3 Wanneer die hoender bruin is, voeg die rooi soetrissie, kokosmelk en vissous by, verminder die hitte en laat prut 5 minute.

4 Roer die garnale in en laat prut 1 minuut. Voeg die basilie by en verwyder die wok van die hitte.

5 Sit voor met die rys en die sprietui of brandrissie.