Genoeg vir 4-6 mense Bereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 15 minute 

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 50 g Thaise groenkerriepasta
  • 1 rooi brandrissie, gekap
  • 500 g hoenderfilette, in blokkies gesny
  • 1 groot rooi soetrissie, in skywe gesny
  • 1 blik (400 ml) kokosmelk
  • 30 ml (2 e) vissous
  • 500 g uitgedopte garnale
  • ’n paar vars basilieblare
  • 250 ml (1 k) jasmynrys, gekook
  • 1 sprietui of brandrissie, gekap
  •  
  1. Verhit die olie in ’n groot wok, voeg die kerriepasta en brandrissie by en roerbraai ’n minuut.
  2. Voeg die hoenderblokkies by en roerbraai sowat 5 minute tot die hoender geseël is.
  3. Wanneer die hoender bruin is, voeg die rooi soetrissie, kokosmelk en vissous by, verminder die hitte en laat prut 5 minute.
  4. Roer die garnale in en laat prut 1 minuut. Voeg die basilie by en verwyder die wok van die hitte.
  5. Sit voor met die rys en die sprietui of brandrissie.