GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

RYSBAKKIES

375 ml (1½ k) jasmynrys

15 ml (1 e) rysasyn

150 g pak choi of

spinasie, afgespoel

2 stingeluie, gekap

VIS

4 visporsies

30 ml (2 e) terijakisous

30 ml (2 e) soet sojasous

10 ml (2 t) sesamsaadjies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en spuit met kossproei.

  1. Rysbakkies Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Spoel af en dreineer. Meng die asyn deur die rys en hou eenkant.
  2. Bedek die pak choi of spinasie met kookwater, laat staan 1 min. en dreineer.
  3. Vis Pak die vis op die bakplaat. Meng die terijaki- en sojasous en giet oor die vis. Sprinkel die sesamsaadjies oor en rooster 15 min. of tot gaar. Verf gereeld met die sous.
  4. Verdeel die rys tussen die 4 bakkies en skep van die spinasie of pak choi bo-op.
  5. Sny die vis in repies en verdeel tussen die bakkies. Sprinkel die stingeluie oor en sit voor saam met ekstra gekapte stingeluie en gemmerpiekels.