6 vars of bevrore stokvisfilette sonder vel

5 ml (1 t) rissiepoeier

10 ml (2 t) olie

1 ui, gesny

2 rooi soetrissies, gekap

2 jalapeno-rissies, gesny

410 g (1 blikkie) Mexikaanse tamaties

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

sout en peper

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

Sprinkel die rissiepoeier en sout en peper oor die vis.

Bedek en plaas in yskas terwyl jy die groente kook.

Verhit intussen olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die uie, soetrissies en jalapeno-rissie 3 minute of tot die uie deurskynend is.

Voeg die tamaties en aftreksel by. Bring tot kookpunt en roer af en toe.

Verwyder van hitte.

Geur met sout en peper en roer die pietersielie in.

Voeg die vis by, bedek die pan en kook oor matige hitte tot gaar, sowat 10 minute.

Volg Huisgenoot op Twitter.